Wie is (was) ons nou eintlik

Dis ‘n begrip wat ons sukkel om te verstaan, harde werk, lang trane en bietjie bloed is gesweet: Dit is ons… ons wil amper se dat ons ‘n spieelbeeld van die lewe is en kyk hoe mooi ons die die lewe met woorde en musiek kan aantrek.


 Briekmerk het ontstaan in st8 tussen toe deure en vensters wat op die straat kyk. Nou is ons ouer en kyk terug na dae by Tanz Café toe ons saam met fokofpolisiekar gespeel het, en ‘battle of the bands’ wat soos ‘n eensydige oorlog van ons kant af gekom het.


 Na skool het realiteit ons hard getref en briekmerk was ‘n droom in randburg se oe wat in elke asblik weggegooi is. Met een demo cd agter die rug en ‘n berg wat voor ons staan het briekmerk net ‘n merk op die pad van die lewe geword. Na baie oproepe en verskriklike verlang na stalkers het ons weer begin.


 ‘n Tweede demo cd is gemaak en ons moet byvoeg dat die prentjie van Juanita du Plessis teen die studio se muur ons ietwat  inspireer het om beter musiek as sy te maak. Hierdie was ‘n taak wat byna onmoontlik was, met die wyse woorde :’Is jy, is jy nog lief vir my?’, het ons die demo in die wereld vrygelaat.


 

Dan wil ek net dankie se se vir al die ondertseuning en almal wat agter ons staan, dit is julle wat briekmerk aan die gang hou.


Ek los julle met die woorde : ‘Sarkasme is die begin van kommunisme’.


 


Vriendelike liefde


Briekmerk

scan0001